Gallery Update
ALBERTINIA NUUS - Die brand wat laat Saterdag (9 November) langs die N2 tussen die Stilbaai-afdraai en Albertinia uitgebreek het, is onder beheer.
Die brand is veroorsaak deur ’n voertuig wat na bewering vir ’n slang uitgeswenk, omgeslaan en uitgebrand het.
Die bestuurder is ongedeerd.
Die vuur het na aangrensende plase versprei en is eers in die vroeë oggendure van Maandag 11 November onder beheer gebring.
Nege lede van Garden Route-distriksmunisipaliteit is nog op die toneel, asook ’n span van 20 Working on Fire-lede.
Die span sal vasstaan om te voorkom dat smeulende stompe weer opvlam. Dit N2 is ook vir verkeer.
Lees vorige artikels:
- N2 Open for traffic
- N2 gesluit weens brand
- Road closed between Albertinia and Stilbaai
- Brand nog nie geblus nie
'Ons bring jou die nuutste Hessequa, Tuinroete, Karoo nuus'