MOSSELBAAI NUUS - Lede van die KwaNonqaba-polisie het onlangs die leerders van Herbertsdale Laerskool met 'n besoek verras.
Dié geleentheid is gebruik om leerders oor die gevare van dwelmafhanklikheid voor te lig en hulle te motiveer om 'n positiewe ingesteldheid te handhaaf en om ander mense met respek en agting te behandel.
Terselfdertyd is die skoolterrein en klaskamers vir enige onwettige middele nagegaan, en die kommunikasiebeampte van die KwaNonqaba-polisie, sers Kapp, sê niks verdags of onvanpas is by die leerders of in die skool opgespoor nie.
Die jongklomp het die geleentheid geniet om met die polisielede te gesels oor hul uitdagende loopbaan en is begeester deur al die staaltjies.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'