HERBERTSDALE NUUS - Altesaam 56 Herbertsdale-inwoners het onlangs sertifikate ontvang vir hul betrokkenheid by 'n projek vir die herseël van die pad wat lei vanaf Herbertsdale (M|R342) na die N2 voor Mosselbaai.
Drie van die inwoners wat sertifikate ontvang het, Royden Arendse, Dylan Gelderbloem en Dillyn Arendse het intussen na Pretoria vertrek vir verdere opleiding.
Die kontrakteur Actophambili Roads (PTY) Ltd, in samewerking met die Herbertsdale raad van belanghebbendes, het opleiding aan die werkers wat by die projek betrokke was, gebied en sertifikate aan hulle tydens 'n deftige geleentheid oorhandig.
Die projek het 'n groot impak gemaak op die werkloosheid en die gepaardgaande armoede in die gemeenskap en het gehelp om die onmiddellike nood te verlig.
Selfs die omliggende gebiede soos Gouritzmond en Buisplaas het by die projek gebaat.
Mnr DB Heradien, organiseerder, het die geleentheid gereël en is bygestaan deur verskeie gemeenskapslede.
Inwoners van Herbertsdale ontvang hul sertifikate vir hul betrokkenheid by 'n projek vir die herseël van die pad wat lei vanaf Herbertsdale (M|R342) na die N2 voor Mosselbaai.
Hy sê die gemeenskap van Herbertsdale wil almal bedank wat betrokke was vir die geleenthede wat aan die plaaslike gemeenskap gebied is.
Setchmor Rhoodes, beampte vir landelike ontwikkeling van die Mosselbaai-munisipaliteit, was die gasspreker tydens die sertifikaatoorhandigings.
'Ons bring jou die nuutste Herbertsdale, Tuinroete nuus'