Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Hartenbos Versorgingsoord se personeel is bederf met geskenkpakkies wat deur Solidariteit se Helpend Hand aan hulle oorhandig is.
Elke geskenkpakkie is met sorg en liefde individueel verpak.
“Alhoewel talle bejaardes tans swaar kry en groot uitdagings ervaar, is tot die besef gekom dat die versorgers van hierdie bejaardes net so swaar kry. Ewe skielik is hulle nie net die versorger nie, maar moet hulle ook vrae beantwoord oor die virus, hulle moet familie se plek in neem wat nie kan kom kuier nie en soms oor en oor verduidelik waarom dinge tans so uitdagend is. Dit terwyl baie van hulle vrees om self siek te word en moontlik ’n bejaarde aan te steek. Ons het daarom besluit om vir die versorgers met bederfpakkies dankie te sê,” sê Alisha De Lange, Helpende Hand se streekorganiseerder van die Wes-Kaap.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'