MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaiers is bekend daarvoor dat hulle saamwerk en saamstaan in tye van swaarkry.
Inwoners in die Herbertsdale-omgewing gaan weer onder 'n ernstige waterskaarste gebuk.
Die portfolio-voorsitter van infrastruktuurdienste, raadslid Anton Dellemijn, doen 'n beroep op inwoners om water te skenk vir Herbertsdale.
Geseëlde 5l-waterkanne vir huisgebruik, en ongeseëlde waterkanne vir alternatiewe gebruik kan by die Mosselbaai-Brandweer afgegee word, van waar dit gepas versprei sal word.
"Mosselbaaiers het in die verlede met 'n reuse insamelingspoging groot verligting gebring aan die inwoners van Herbertsdale en omgewing. Kom ons maak weer so," vra Dellemijn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'