MOSSELBAAI NUUSFLITS - Robert Knobel, skryf: Wêreldwye navorsing toon dat 90% van menslike breinontwikkeling plaasvind binne die eerste vyf jaar van 'n kind se lewe.
Daar is vier basiese pilare wat nodig is vir gesonde breinontwikkeling: liefde, 'n gevoel van veiligheid, brein stimulasie en voeding.
In Mosselbaai kry ongeveer 1 900 van die 9 000 drie- tot vierjarige kinders 'n vorm van vroeë kinderontwikkeling. Die res bly agter.
Die gevolg is swak skoolprestasie wat lei tot vroeë beëindiging van hul skoolloopbaan, en 'n groot vermorsing van kinders se potentiaal.
Die verdere gevolg is 'n geslag wat geen of swak opleiding het, en hul dikwels wend tot misdaad om kos op die tafel te sit.
Ons kan dit verander. Baie kinders kan nie op skool vorder nie omdat hul voeding in die kritiese fase van hul breinontwikkeling onvoldoende was.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, as ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'