MOSSELBAAI NUUS - Die Kospakkie is 'n geregistreerde nie-winsgewende organisasie.
Die Kospakkie het enige vorm van kruideniersware nodig wat insluit: groente en vrugte, vleis of vis, toiletware, sanitêreware, skoonmaakmiddels en bababenodighede.
Die organisasie benodig ook enige soort wol, selfs afval wol. Vanaf 25 November tot 23 Desember gaan Die Kospakkie kersgeskenke uitdeel aan ongeveer 500 minderbevoorregte kinders in die Suid-Kaap. Hiervoor benodig die organisasies ook skenkings.
Skenkings kan na die volgende afsetpunte geneem word: Mosselbaai: Suid-Kaap Radio, Lynette van Zyl (083 409 4800 of 044 692 0350) en Hartenbos: Nadia Jardim (072 212 8645).
Die Kospakkie het ook dringend finansiële hulp nodig en op versoek van die skenker sal Die Kospakkie 'n SARS 18A-sertifikaat uitreik. Die skenker moet net sy/haar voorletters en van asook 'n posadres e-pos na Die Kospakkie toe. Die bankbesonderhede is: Abrina4858, FNB, 6259 8453 513, takkode, 254005 met die verwysing: Southern Cape Branch.
Besoek die webwerf by www.kospakkies.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'