MOSSELBAAI NUUS - Die media het die afgelope tyd gegons oor duisende flaminkkuikens in Kimberley wat besig is om te vergaan.
Die Kamferdam buite Kimberley is een van slegs vier broeikolonies van die kleinflamink en, weens die geweldige droogte wat tans heers, is die Kamferdam leeg.
Die ouers moes migreer en gevolglik is die kuikens aan hulle eie lot oorgelaat.
Grootskaalse pogings van regoor die land is van stapel gestuur om van die kuikens te red. Vlugte met kuikens is na Gauteng en Kaapstad gereël waar voëlrehabilitasie-sentrums die kuikens probeer red.
'n Flaminkkuiken wat deur sy ouers verlaat is en nou gered word. Foto: Facebook
Indien inwoners van Mosselbaai 'n bydrae wil maak, kan donasies gemaak word:
- Saam Staan Kimberley
- FNB
- Tjek Rek nr: 62797675075
- Tak: 210845
- Verwysing: Flamink redding
Vir meer inligting klik hier.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'