MOSSELBAAI NUUS - Charlie en Madge Hendricks deel tussen hulle nie minder nie as knap onder die 130 jaar se verbintenis aan kerkbrigades in Mosselbaai.
Tydens 'n onlangse geleentheid gehou in die Portao Diaz Hotel, is dié twee vereer deur die ATKV Langsoustak, wat hulle as vanjaar se erfenishelde bekroon het.
Die tak kies jaarliks iemand wat aan hierdie titel se vereistes voldoen.
Op 26 Oktober hou die tak hulle streeksbyeenkoms by Dibiki in Hartenbos wanneer Gillian Arendse die spreker sal wees.
Lees meer oor Charlie en Madge in hierdie week se uitgawe van die Mossel Bay Advertiser.
Charlie en Madge Hendricks word vereer vir hulle kultuurbydrae. Saam met hulle op die foto is Claire du Plessis (heellinks) en Josie Domingo (heelregs). Agter hulle is 'n foto uit Charlie se dae as 'n kerkbrigadelid.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'