MOSSELBAAI NUUS - 'n Heining van 1.2m is onlangs by Tweede Strand in Danabaai opgerig. Volgens die Mosselbaai-munisipaliteit is die gebied die afgelope vyf jaar gemonitor en is 'n ernstige toename in duin-erosie langs die parkeerarea opgemerk.
Dit is weens menslike aktiwiteite soos strandgangers wat heen en weer oor die vorige houtpale geklim het.
Die munisipaliteit moes die afgelope twee jaar die houtpale herhaaldelik versterk om veiligheid te verseker.
Om aktiwiteit op die duine te verminder is 'n Betaview heining onlangs opgerig.
Toegang vir vissermanne en strandgangers bly onbelemmerd en genoeg vullisdromme word voorsien.
Hierdie tegniek is by ander strande in die groter Mosselbaai uitgerol en was 'n groot sukses en die volhoubaarheid van natuurlike duine-rehabilitasie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’