MOSSELBAAI NUUS - ACVV Kenani-dienssentrum vir ouer persone poog om effektiewe en funksionerende veroudering by persone bo 60 te ondersteun en te bevorder sodat ouer persone so lank moontlik selfversorgend in die gemeenskap kan woon.
Die dienssentrum wil graag die gemeenskap betrokke maak by hul beplande projek om gekookte etes voor te berei en te verkoop.
Hierdie etes kan dadelik genuttig word of dit kan gevries word vir daardie noodgevalle.
Hulle bied op die gemelde dae die volgende gekookte etes teen R40 per ete aan:
Maart 3, 17 en 31
• macaroni/kaas, groenbone en vla-wortels;
• herderspastei met mielies/ertjies en patats;
• hoenderschnitzel met pampoenkoekies en broccoli
Maart 10 en 24
• bobotie, rys en pampoen;
• hoenderpastei, groenbone en patats;
• spaghetti bolognese met pampoenkoekies en broccoli;
Die volgende kan ekstra bestel word teen R10 per bakkie:
• koolslaai;
• worstelslaai;
• sjokoladepoeding met vla.
Bestellings moet Maandae voor 12:00 geplaas word en kan Woensdae tussen 11:00 en 12:00 by Kenani-dienssentrum, Alphastraat 7, Mosselbaai afgehaal word.
Die kantoor kan in die week tussen 08:00 en 13:00 vir navrae of bestellings by 044 690 3204 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'