MOSSELBAAI NUUS - Die Dias- en Hawefees 2019 het gisteraand amptelik geopen tydens die kultuuraand in die Mosselbaai-stadsaal.
Verskeie hooggeplaastes het die geleentheid bygewoon, wat die Premier van die Wes-Kaap, Helen Zille ingesluit het.
Feesgangers kan weer eens uitsien na 'n uitstekende vermaaklikheidsprogram propvol met plaaslike talent asook bekende sangers van buite Mosselbaai. Hier is van die deelnemers uit die groter Mosselbaai wat met trots die naweek op die feesverhoog sal wees.
Toegang tot die fees 1-3 Februarie is steeds gratis.
Foto: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'