MOSSELBAAI NUUS- Toe die Springbokke die rugbywêreldbeker in Frankryk wen, het 'n inwoner van Hartenbos, Werner Botha sy vriende uitgedaag om saam met hom in die kenmerkende Faf de Klerk speedo in die gebied te draf.
Dit het nie veel oortuiging geverg om Chrisjan van der Merwe, Arno Albertyn en Lloyd Donald, ook inwoners op Hartenbos, te kry om by Werner aan te sluit nie.
Die vier Hartenbossers het op Vrydag, 24 November ten aanskoue van motoriste en verbaasde voetgangers die pad in hulle skrapse uitrustings aangedurf - alles in die naam van gees en omdat hulle trotse Suid-Afrikaners is.
Hulle het vanaf Hartenbos na Louis Fourieweg gedraf en toe weer terug in die rigting van Ou Kaapseweg.
Agter op hulle rûe was die jare waarin Suid-Afrika die beker gewen het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’