MOSSELBAAI NUUS - 'n Inwoner van Hartenbos, Sias Coetsee se dogter, Sonita Young is 'n landskapargitek aan die Wesrand en lê tuine uit vir huise, skole, kleuterskole en komplekse.
Sonita het onlangs weer deelgeneem aan die Lentetuin-kompetisie by die Garden World-kwekery in die Wesrand. Haar tema hierdie jaar was om 'n eko-vriendelike waterslim kleuterskooltuin te ontwerp en te bou, en dit is waar Sias in die prentjie gekom het.
Sias het vir ses weke Sonita help bou, plant en houtbeelde gemaak vir die tuin. Alles moes natuurlike of herwinde produkte wees.
Tydens die beoordeling en prysuitdeling het pa en dogter weggestap met die eerste prys vir uitleg en ontwerp, asook die eerste prys vir waterslimtuin.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'