Update
MOSSELBAAI NUUS - Nadat magtiging van al die relevante nasionale staatsdepartemente bekom is, kon werk vroeg vanoggend begin om die mond van die Hartenbosrivier oop te maak.
Die voorsitter van die Hartenbosrivierforum, Phillip Vermaak en ondervoorsitter, raadslid Anton Dellemijn het vroeg vanoggend hul dank teenoor alle rolspelers uitgespreek nadat begin is om die riviermond meganies oop te maak.
Dit volg op 'n besluit van die Mosselbaai-munisipaliteit laat verlede week om die rivier onveilig vir ontspanningsdoeleindes te verklaar.
Kennisgewings tot dien effek het inwoners en vakansiegangers gemaan teen die uithaal van aas, visvan of swem in die rivier.
Die publiek word gevra om vir hul eie veiligheid nie die area waar grondwerke tans plaasvind, te besoek nie.
Lees 'n vorige artikel: Hartenbos River unsafge for recreational use
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'