Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die ATKV se hekelmarathon het vandag, 26 Mei, 12:00 begin en duur tot môremiddag 18:00.
Verskeie vroue van Hartenbos en omgewing het by die Tarentaalsaal by die Hartenbos Seefront bymekaargekom om vierkante te hekel en te brei wat aanmekaar gesit word as deel van die 67 Blankets for Mandela-veldtog.
Die vroue werk nog tot 17:00 vanmiddag by die saal en hekel dan voort by hul huise. Môre is hulle weer terug by die seefront om die res van die 30 ure marathon te voltooi.
FOTOGALERY: ATKV hekelmarathon by Hartenbos Seefront
Enige persoon kan nog by die inisiatief inskakel.
VIDEO - ATKV Hekelmarathon:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’