MOSSELBAAI NUUS - Lede van die Hartenbos VLV-tak vergader op Dinsdag, 30 Augustus om 08:45 vir 09:00 by die Lede in Christus Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Jakarandastraat in Hartenbos Heuwels.
"Lede en enige belangstellende vroue word hartlik uitgenooi om die vergadering saam te geniet en te kuier. Kom deel in die kennis wat ons oordra."
Die vergadering sal gelei word deur die sameroeper vir leefstyl met ‘n praatjie en bekendstelling deur Ina van Bernina-naaimasjiene. Ander interessante idees en besprekings wat ook deel uitmaak van die bespreking gaan oor breiwerk en die voutegnieke van serpe.
Lede word versoek om leë koffiebottels vir die VLV-projek saam te neem.
Vir enige navrae, kontak Rita (076 1519 607).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'