MOSSELBAAI NUUS - Die organisasies S.M.A.R.T en SAPREC het VLV Hartenbos op 30 Julie kom toespreek.
Shimune Smit en Carol Walton van SAPREC, wat in 2005 tot stand gekom het, red alle beseerde seëvoels en rehabiliteer hulle. Hulle bedien 'n area vanaf Stilbaai tot net voor Plettenbergbaai.
Olie-bedekte pikkewyne word eers met kookolie behandel wat die ru-olie eers sag maak voordat hulle verder skoongemaak word.
Pikkewyne word eers deur plaaslike veearts, dr Frans de Graaff ondersoek en met 'n mikroskyfie toegerus voordat hulle weer vrygelaat word. Sommige voëls woon permanent in die sentrum, omdat hulle vanweë die aard van hulle beserings nie vrygelaat kan word nie.
Rene Hodges en Janine Pereira van S.M.A.R.T red weer beseerde seediere. Hulle maak ook strande skoon en hou motiveringspraatjies by skole om leerlinge bewus te maak van die besoedeling wat plastiek in die see veroorsaak.
Beide die organisasies is afhanklik van donasies en vrywillige hulp van die publiek.
Die publiek wat beseerde diere of seëvoels opmerk, kan Carol Walton (082 364 3382) skakel.
Shimune Smit en Carol Walton beide van SAPREC saam met Rene Hodges en Janine Pereira beide van S.M.A.R.T wat die Hartenbos VLV toegespreek het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'