MOSSELBAAI NUUS - Lede van die Hartenbos VLV-tak het verlede week 'n interessante landbouvergadering gehad.
Vossie Vorster het aan die lede van sy Bonsai-boompies vertoon en interessante inligting hieroor met hulle gedeel.
Hy het verduidelik hoe die boompies gekweek, gesnoei en gevorm word en gesê dat hoewel dit 'n bevredigiende stokperdjie is, die boompies deurlopende aandag en versorging verg.
Dorea du Plessis het pragtige winter pantoffels aan die lede vertoon en aan hulle vertel hoe hierdie stokperdjie van haar in 'n voltydse beroep gegroei het. Sy stal gereeld by menige markte uit.
Nuwe lede en belangstellendes word uitgenooi om deel van die Hartenbos VLV-tak te word.
Dorea du Plessis het pragtige winter pantoffels aan die lede vertoon.
Vossie Vorster het aan die lede van sy Bonsai-boompies vertoon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’