MOSSELBAAI NUUS - Hanlie Vorster, die Hartenbos VLV se sameroeper vir landbou en tuinbou nooi alle lede en belangstellendes na 'n vergadering in Hartenbos-biblioteeksaal op 17 Maart om 09:00.
Sy het gereël dat Elka Foxcroft van Alcare Aloe met die lede kom gesels oor die produkte wat hul uit aalwynplantblare vervaardig.
Kompetisies vir die dag is:
1. Vars noedelslaai met 'n braaivleis.
2. Breiwerk: serp met verskillende teksture.
3. Enkel blom.
4. Foto: Lekker man!
Daar gaan ook 'n gelukstrekking wees. "Kom en geniet die oggend saam met ons." Navrae kan gerig word aan Rita Burger (076 151 9607).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'