HARTENBOS NUUS - Hartenbos-versorgingoord hou op Saterdag, 17 Desember, vanaf 09:00 'n heerlike basaar op hulle perseel.
Vanjaar se basaar word gekombineer met die NG Kerk se gewilde vleisfees om van die geleentheid 'n onvergeetlike dag vir almal teenwoordig te maak.
Daar gaan tuisgebak, poedings, kerrie en rys, vetkoeke, wordbroodjies, hamburgers, melkkos, gemmerbier, 'n algemenetafel en ‘n witolifanttafel wees om maar net 'n paar van die interessanthede op te noem. Basaargangers moet ook sorg dat hulle 'n draai by die teetuin maak waar die bekende Allen Green, basaargangers met sy boeremusiek gaan vermaak.
"Ondersteun ons asseblief en ondersteun sodoende ons geliefde bejaardes."
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'