Video
MOSSELBAAI NUUS - Die Hartenbos-versorgingsoord, een van Badisa se dienspunte, het na ongeveer 50 dae van inperking, vandeesweek hulle inwoners vir die eerste keer buite die tehuis toegelaat. Badisa het in Maart ‘n moratorium geplaas op besoekers, ten einde hulle inwonende kliënte teen die Covid-19-virus te beskerm.
In Hartenbos, het die Versorgingsoord op 17 Maart gesluit.
Met die implementering van vlak 4 van die nasionale grendeltyd wat op 1 Mei in werking getree het, stap die inwoners nou rondom die tehuis en die aangrensende NG-kerkgebou gestap.
“Dit is ‘n bevrydende ervaring vir ons mense om na soveel dae binnenshuis weer buite te kan wees. Die staptog vind plaas onder streng toesig en daar is geen kontak met buie mense nie,” het Johan Jacobs, bestuurder van die tehuis by navraag aan die Mossel Bay Advertiser gesê.
Die gemiddelde ouderdom van inwoners in die tehuis is 86 jaar. Drie van die tehuis se inwoners is ouer as 100 jaar.
Kyk 'n video hieronder:
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'