MOSSELBAAI NUUS - Hartenbos-rolbalklub se uitvoerende bestuur vir 2022/2023 is pas verkies. Van links is: Lappies Labuschagne (president), Tish Hockney (tesourier), Helene van Jaarsveldt (sekretaressse) en Ferde de Wit (vise-president).
Louis Visser van Hartenbos-rolbalklub, het tydens die klub se algemene jaarvergadering die Presidentstrofee van die president, Lappies Labuschagne, ontvang.
Louis was die perkemeester en het uitsonderlike diens aan die klub gelewer.
Van links is: Lappies Labuschagne (president), Tish Hockney (tesourier), Helene van Jaarsveldt (sekretaressse) en Ferde de Wit (vise-president).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'