Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Hartenbos-parkrun het vandag tydens die laaste wedloop van 2017, gespog met ‘n besonderse deelnemer.
Louis Massyn, ‘n rekordhouer met 45 Comrades- en 42 Twee Oseane-marathons op sy kerfstok, het van die spesiale aankondigings tydens vanoggend se geleentheid behartig.
Vele vakansiegangers uit verskeie dele van die land het ook aan die wedloop deelgeneem.
Oud en jonk het die meeste gemaak van die feestelike atmosfeer by die laaste parkrun waaraan 538 mense deelgeneem het.
Kyk 'n video hieronder.
Tydens vanoggend se parkrun op Hartenbos.
Daar was 538 deelnemers aan die parkrun.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'