MOSSELBAAI NUUS - Hartenbos-buurtwag se algemene jaarvergadering vind op 21 November om 18:30 in die ATKV-auditorium by Hartenbos Seefront plaas.
Die uitgaande bestuur sal tydens die vergadering verslag doen oor die bedrywighede van die afgelope jaar en ook verdere beplande aksies ter ondersteuning van die gemeenskap aan die vergadering voorlê.
Hierdie is ook die vergadering waartydens die buurtwag se aksies gedurende die vakansieseisoen gereël en vasgestel gaan word. Belangrike sake rondom misdaadbekamping en -voorkoming sal bespreek en vir optrede behandel word. Alle nie-lede is ook welkom om by te woon en ook aan te sluit, asook om gedurende veral die vakansieseisoen te help met patrolliery.
Tydens die vergadering sal belangrike telefoonnommers en name van skakelpersone en skakeling met die Suid-Afrikaanse Polisiediens verduidelik word.
"Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus."