Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Daar is die laaste paar weke landswyd gewoeker met brei- en hekelnaalde om komberse voor die koue byt van die winter gereed te hê vir minderbevoorregte mense.
Verlede naweek het die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) 'n 30-ure hekel- en breimarathon gehou wat deur die Hartenbos-tak se vroue ondersteun is.
FOTOGALERY: ATKV hekelmarathon by Hartenbos Seefront
Verskeie vroue uit die omgewing het by die Tarentaalsaal àan die Hartenbos Seefront bymekaargekom om vierkante te hekel en te brei wat aanmekaar gewerk word om snoesige komberse te maak.
Die vroue kon darem Vrydagmiddag laat by hul huise verder gaan hekel en was die volgende oggend weer terug by die saal om die res van die 30-ure marathon te voltooi. Volgens Marieta Steyn van die Hartenbos ATKV het 33 vroue geregistreer om aan die marathon deel te neem en 15 het tussendeur ingespring om te help.
Die vroue het besluit om die voltooide blokkies plaaslik te hou en nie na die hoofkantoor in Pretoria te stuur nie. Hulle gaan dit self aanmekaar werk en die komberse aan behoeftiges en organisasies in die Mosselbaai-omgewing wat dit nodig het, uitdeel.
VIDEO - Marieta Steyn, organiseerder van die Hartenbos ATKV se 30-ure hekelmarathon vertel hoe hulle vorder.
VIDEO - Sowat 45 vroue uit Hartenbos distrik het aan die ATKV brei-en hekelmarathon van 30-ure deelgeneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’