MOSSELBAAI NUUS - Na ‘n totaal van 24 jaar van diens, onderskeidelik vyf jaar by die Groot-Brakrivier-munisipaliteit en 19 jaar by Mosselbaai-munisipaliteit, het Hanna-Marié Taylor finaal haar beroep verruil vir die rustigheid van die plaas.
"Dit was werklik ‘n voorreg om saam met Hanna-Marié te werk, sy was nie net ‘n inspirasie nie, maar ook ‘n rolmodel vir al die nuwelinge wat na haar gekom het.
Ons wil vir haar baie dankie sê, ons kon altyd op haar staatmaak. Hanna-Marié was een van die munisipaliteit se staatmakers in die inkomste-afdeling en ons het lekker met haar saamgewerk en is dankbaar dat sy vir so lank deel van ons span kon wees. Ons gun haar rus en vrede en die voorreg om by die see af te tree.
"Ons wens vir Hanne-Marié is dat sy die volgende fase van haar lewe sal geniet en ons bede is dat sy net voorspoed vorentoe sal hê en met goeie gesondheid geseënd sal wees."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'