MOSSELBAAI NUUS - Daar heers groot opgewondenheid in die plaaslike muurbalgemeenskap nadat 'n splinternuwe muurbal-superliga tydens 'n spesiale geleentheid by Halfway Toyota bekendgestel is.
Wat die liga uniek maak is dat elke span weer oor spelers van verskillende sterktes sal bestaan.
Dié nuwe formaat beoog om interaksie tussen spelers uit te bou en ook om muurbalontwikkeling stukrag te gee deur die blootstelling wat dit ook aan opkomende spelers sal verleen.
'n Groot getal spanne van George, Knysna, Mosselbaai, Oudtshoorn, Groot Brak asook NMU gaan in die liga om 'n groot wenprys van R5 000 meeding.
Die superliga sou nie moontlik gewees het sonder die finansiële ondersteuning van Halfway Toyota nie. Hulle het ook elke speler met 'n T-hemp geborg.
By die bekendstelling van 'n splinternuwe muurbal-superliga by Halfway Toyota was, van links: Mark Jones (Halfway Toyota), John Kuhn, Werner Botha, Riaan Potgieter, Hester Willer, André Jonck (president: Eden-muurbal), Heleen de Jager, Conrad Bothma, Brent Venter, Fanie le Roux en Hampie Nieuwoudt.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'