MOSSELBAAI NUUS - Die bekroonde Suid-Kaap Kinderkoor is tans by die 10de Wêreldkoorspele in Pretoria.
Die geleentheid word vanjaar vir die eerste keer in Afrika gehou.
Daar word berig dat 33 000 koorlede in 500 kore, verteenwoordigend van 70 lande tans aan die Wêreldkoorspele deelneem.
Die kompetisie is gerig op amateurkore en word in twee kategorieë, naamlik die ope en kampioene, aangebied.
Verskeie Mosselbaaise leerders sing in dié koor, wat tans met slegs 52 lede by die geleentheid kompeteer.
Die koor is al tydens vorige deelname aan die koorspele as wêreldkampioene bekroon.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'