MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai het sprankelweer opgedis vir die eerste Soul Festival wat hierdie naweek in die groter Mosselbaai aangebied word.
Talle restaurante bied uitstekende feesaanbiedings, maar by die feesterrein op Santos by die ou kragstasie sal plaaslike en hooggerespekteerde musiektalent vermaak van hoogstaande gehalte bied.
Vanmiddag is Mossel Bay Advertiser se nimlike en onverbeterlike Cornelle Carstens op die verhoog, en lesers moet werklik nie die hoogtepunte, onder meer optredes deur Anton Goosen en Gian Groen (gratis!) misloop nie!
'n Wonderlike program bied werklik iets vir almal.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'