TUINROETE NUUS - Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging het 'n doel voor oë om sekere beginsels en waardes ten opsigte van die natuur by lede in te skerp en te kweek deur skietdae gedurende die jaar te hou.
Dit is elke jagter en lid se plig om die natuur te respekteer, dit te bewaar en benut sonder om 'n wanbalans te skep.
Hulle skop die jaar af met 'n skietdag op Saterdag, 24 Februarie op die plaas Kweekkraal naby Riversdal en nooi alle skuts, jonk en oud, om te kom aanlê vir die dag.
Die baanuitleg gaan vier papierteikens en twee ghongbane wees met afstande wat wissel van 120m tot 340m.
Belangriker as enige funksie van 'n geweer is hoe akkuraat die geweer skiet, so manne kom geniet die oggend en na afloop van die dag sal hulle graag die terugvoer wil hoor.
Vir enige navrae kontak Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (044 695 2319).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'