MOSSELBAAI NUUS - Volgens verwagting, was die ouditorium van die AGS in Alhofrylaan D'Almeida van die Family Worship Church, die afgelope naweek stampvol met kerkgangers wat in afwagting vir 'n geestelike deurbraak, die streeksbyeenkoms van die AGS van SA bygewoon het.
Geloofsgemeenskappe van sover as die droogtegeteisterde Karoo, insluitend Fraserburg, Williston, Merweville en dies meer was ook teenwoordig.
Drie byeenkomste is gedurende die naweek gehou en telkens was die ouditorium tot kapasiteit gevul met ongeveer 2 000 mense. Sprekers het ingesluit pastore Allen Spies, Jewel Jonkers, Francois Mattheus en Leon Prinsloo, die streeksvoorsitter. Sanggroepe het opgetree, asook lofdansers wat bygedra het tot die atmosfeer van aanbidding.
"Dit was 'n baie geseënde naweek gewees. Die mens het gekom met 'n verwagting. Ons is na die naweek op 'n heel ander, nuwe vlak, want die deurbraak is hier," het past Prinsloo gesê.
Sanggroepe het bygedra tot 'n gees van lof en aanbidding.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'