Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Al die buurtwagte in die Groot Brak-omgewing, sekuriteits maatskappye, SAPD, verkeer en brandweer asook S.M.A.R.T. (Stranded Marine Animal Rescue Team) het saam met raadsheer Cliffie Bayman en raadslid Anton Dellemijn 'n bewusmakingsveldtog gehou om inwoners te verseker dat hulle ernstig is oor die veiligheid van die inwoners en 'n misdaadvrye area.
Een keer 'n jaar vind daar 'n behoorlike bewusmaking plaas en Maandag, 16 Desember het 'n konvooi met 102 motors pamflette oral uitgedeel op die ongeveer 50km roete.
Die roete wat die jaar gevolg is het begin by die Groot-Brakrivier-polisiestasie en vandaar is hulle na Greenhaven, Wolwedans, Hersham, Glentana, Tergniet, Reebok en Klein-Brakrivier.
Kyk 'n video hieronder:
Komplimente het orals ingestroom van inwoners en vakansiegangers. Baie van die inwoners wil graag nou deel word van die whatsapp-groep om kommunikasie tussen die inwoners met mekaar en met die nooddienste en buurtwagte te vergemaklik.
Volgens raadslid Dellemijn is hulle tevrede dat die bewusmakingsveldtog die gemeenskap bewus gemaak het dat daar ten tye van die feestyd en deur die jaar verskeie rolspelers is wat omsien na die veiligheid van inwoners.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'