GROOT BRAKRIVIER NUUS - Die gemeenskap van Groot-Brakrivier, by monde van gemeenskapsleier Barry Jacobs het hul kommer uitgespreek oor die uitermate groot getalle leerders per klas.
Volgens Jacobs is daar sedert die aanvang van die nuwe skooljaar 76 leerders in die graad 7-klas, en 68 leerders in die graad 8-klas.
Die woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, Bronagh Hammond het bevestig dat die departement bewus is van die probleme wat Jacobs onder hul aandag gebring het.
"Die skool het intussen 'n beheerliggaampos geskep om die probleem met groot getalle leerders per klas aan te spreek."
Sy sê die departement het wel direk met Jacobs geskakel in hierdie verband.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'