MOSSELBAAI NUUS - Sowat 135 gaste het die stigtingsvergadering van die plaaslike groep, University of the third age, ook bekend as U3A in Glentana bygewoon.
Nico Booyens, Direkteur van Navorsing by die Haainavorsingseenheid was die gasspreker.
Die U3A is ‘n internasionale beweging wat in 1973 in Frankryk sy ontstaan gehad het. Die doelwit is om ‘n geleentheid te skep vir persone wat nie meer voltyds in ‘n beroep staan nie om hul kennis uit te brei en ‘n goeie leefstyl te handhaaf. Die beweging fasiliteer ook verskeie belange groepe, wat onafhanklik sal funksioneer. Daar is ongeveer 30 takke is Suid-Afrika.
Booyens het die gaste toegelig oor verskillende soorte walvisse in die Mosselbaai omgewing asook hul migrasie gewoontes.
Op navraag was sy opinie dat die groot aantal walvisse wat ons kuslyn verlede jaar besoek het ‘n algemene verskynsel was en nie noodwendig as gevolg van die afwesigheid van die Orca platform nie.
Booysen en sy kollega, Kate Mahoy, het ook kortliks verwys na die grootwitdoodhaaie in die omgewing en genoem dat hulle grootste bron van voedsel nie die robbe is soos algemeen aanvaar word nie. Volgens navorsing is kleiner haaie, wat veral in die rotsriwwe by die riviermonde swem, hul voedingsbron.
Die volgende vergadering word beplan vir Donderdag, 20 Julie, om 10:00 by die grasdak-kerk op Klein-Brakrivier. Proffesor Rossouw van Solms sal praat oor kubersekuriteit. Hy sal onder meer inligting gee hoe oortreders elektroniese inligting gebruik en kloon om misdaad te pleeg. Wenke sal ook gegee word om die risiko om ‘n kubermisdaadslagoffer te word te verminder.
Verdere navrae kan gerig word aan die sameroeper, Etienne van Niekerk, (082 800 0440). Besprekings vir die volgende vergadering kan per WhatsApp gedoen word by Reinette Oosthuizen (082 419 6601).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’