MOSSELBAAI NUUS - Daar was geen tekort aan gees tydens Hoërskool Punt se interhuis-atletiek vir 2023 wat by die Van Riebeeckstadion gehou is nie.
Die geleentheid het op Vrydag, 27 Januarie plaasgevind.
Die skool se leerders het aan 'n verskeidenheid items deelgeneem en die wat nie deelgeneem het nie, het hul maats op die pawiljoen ondersteun.
Honderde leerders het op die pawiljoen bymekaar gekom om die atlete te ondersteun.
Leerders toon groot gees by die atletiekbyeenkoms.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'