MOSSELBAAI NUUS- Alta Scott het nie net ‘n kreatiewe hand met blomme nie, maar haar besigheid se naam, Deur Die Blare het haar ‘n Tinteltong-toekenning besorg. Dié toekennings word deur AfriForum se Sakenetwerk gedoen.
Scott het die toekenning vandeesweek in Pretoria ontvang. Die spoggeleentheid is op Internasionale Moedertaaldag, 21 Februarie gehou.
Sy het Donderdag, 22 Februarie met haar toekenning terug in die Tuinroete geland.
Volgens Sanderien van der Walt, bestuurder van AfriForum se Sakenetwerk, is daar met hierdie toekennings begin om ondernemings te beloon wat Afrikaans is en hul dienste in Afrikaans bied.
Die toekennings is gemik op entrepreneurs wat daarvan hou om in hul moedertaal handel te dryf én wie se ondernemings name het wat al te lekker op die tong val.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'