Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Church Lads and Girls Brigade van die All Saints Anglikaanse Kerk, het Sondag, 14 November sy 100ste bestaansjaar gevier.
Die brigade het die gemeente begelei na die diens wat waargeneem was deur die uittredende biskop, Brian Marajh.
Hierdie geleentheid was Vader Marajh se laaste amptelike erediens by All Saints voor hy na die bisdom van Kimberley en Kuruman vertrek.
Tydens die diens is 'n vlag wat deur Charles en Madge Hendricks en gesin geskenk is onthul. Twee lede, Keasha Petersen en Elroy Kees is ook as offisiere ingehuldig.
FOTOGALERY: All Saints Brigade vier 100 jaar
Die verrigtinge is bygewoon deur verskeie oud-lede van die brigade, besoekende offisiere, die agbare speaker, Venolea Fortuin, sowel as predikante.
Die dag is afgesluit met 'n verbymars en 'n feesmaal. Die organiseerders wil die borge, ondersteuners en almal wie 'n bydrae gemaak het tot die sukses van die dag bedank vir hulle onderskeie bydraes.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'