Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Groot-Brakrivier se monding word meganies oopgemaak. Die monding is in Oktober 2018 laas meganies opgemaak.
Die Mosselbaai-munisipaliteit se woordvoerder, Colin Puren het by navraag gesê dat die kunsmatige oopmaak van die monding volgens die norm en voorskrifte van die departement waterwese se ekologiese bestuursaksies vir die bepaalde rivier en mond, geskied.
"Weens die duin wat tans by die mond werklik baie hoog is en in ag genome die gepaardgaande vloedrisiko sou daar baie water in die rivier afkom, het die munisipaliteit in oorleg met die departement waterwese besluit om onlangs weer 'n meganiese oopmaak te doen."
Mossel Bay Advertiser fotograaf Grey Stopforth is tans op die toneel om die gebeure te verfilm.
Kyk 'n video hieronder:
Die monding is in Oktober 2018 laas meganies opgemaak.
Foto's: Grey Stopforth
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'