MOSSELBAAI NUUS - Met ‘n slaagsyfer van 95.9%, is Groot-Brakrivier Sekondêre Skool geweldig trots op hul matrieks van 2023.
Die skool het vandag, 19 Januarie, ‘n letterlike rooitapyt vir dié leerders uitgerol om hul resultate in ontvangs te neem.
Liyema Kika is die skool se toppresteerder met vyf onderskeidings.
Net na haar is Seshnee Terblanche en Simoney Dolf, elk met een onderskeiding.
36.1% van die leerders het met universiteitsvrystelling geslaag, terwyl diplomas en hoër sertifikaat 48.5% en 11.3% onderskeidelik is.
Liyema Kika en Sersant Pippie Botha.
Seshnee Terblanche en Eduard Gwells.
Benito Figland, Simoney Dolf en Jade Lewis.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’