Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Die gerestoureerde George Museum of Grand Ol' Dame soos sy bekend staan, is Vrydagaand, 24 Maart op luisterryke wyse heropen.
Die Wes-Kaapse minister van Kultuursake en Sport, Anroux Marais het die geleentheid geopen.
FOTOGALERY: Kuns, 'n storie van hoop
"Die pragtig gerestoureerde gebou moet 'n veilige hawe en 'n kultuur-bymekaarkomplek wees vir ons gemeenskap.
Dit vertel ons stories van 'n inklusiewe verlede en dit bou op die hoop van die toekoms."
Kunstenaars uit verskillende streke in die Tuinroete is gevra om van hul kunswerke in die museum uit te stal.
Groot-Brakrivier en Mosselbaai het elk hul eie muur gehad waar hulle 'n paar skilderye en ander kunswerke kon ten toon stel met 'n kort beskrywing van die geskiedenis van die streek.
Lynda Murison, bekende kunstenaar van Groot-Brakrivier vertel dat agt kunstenaars uit die area die kans aangegryp het om hul kunswerke uit te stal.
"Some of the paintings were sold that evening and we clap hands for those artists, because it is a lovely boost to any artist if someone loves your work so much that they're prepared to give money for it. It is not really the work that we sell or what is on the canvas.
"It is a part of our souls."
Die Groot Brak kunstenaars het nie 'n spesifieke tema gehad nie, maar hulle moes vooruit beplan wat hulle gaan skilder en hoe groot die kunswerke sou wees, omdat ons beperkte spasie op die muur gehad het.
Dit neem maande se beplanning en organisering en die skilderwerk self neem baie tyd op. "We are very grateful for this platform to showcase our work."
Kunstenaars uit verskeie streke se besondere kunswerke kan as deel van die SCAVA streeksuitstalling besigtig word.
Die uitstalling duur van 25 Maart tot 26 April en maak ook deel uit van die Reimagined visuele kunsuitstalling wat jaarliks gehou word.
VIDEO - Lynda Murison tells us about the preparations for the art exhibition at the George Museum.
VIDEO - Lynda Murison, art teacher and artist from Groot Brak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’