Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Die Groot Brak Sekondêre Skool met 91 leerlinge wat verlede jaar matriek geskryf het, spog met 'n slaagsyfer van 91.2%. 36 leerders het met matrikulasievrystelling geslaag wat 'n verbetering van 4.2% is.
Die top-presteerder is Jovon Nortjé met Adelene Gertse in die tweede plek. Die hoof, Desmond Speelman, is verheug dat die onderwysers en matrieks van 2022 hulle teiken bereik het.
FOTOGALERY: Groot Brak Sekondêre Skool
"Ons is baie bly en dankbaar vir die gehalte van uitslae wat verbeter het. Verlede jaar, was die moeilikste graad 12-jaar vir leerders in vergelyking met vorige jare, weens die ontwrigting wat die Covid-epidemie veroorsaak het."
Agt leerlinge het nie geslaag nie, maar talle sprekers het daarop gewys dat baie mense in die gemeenskap groot hoogtes bereik het, wat aanvanklik eers onsuksesvol was. Die hoof en ander sprekers het boodsakppe van bemoediging gehad vir die leerders wat nie geslaag het nie. "Moenie gaan lê nie, dit is nie die einde van die pad nie. Daar is verskeie programme om leerders te help om wel hul matriekeksamen te slaag."
VIDEO - Jovon Nortjé is die 2022 matriek top-presteerder van die Groot Brak Sekondêre Skool. Hy vertel van sy toekomsplanne.
VIDEO - Sersant Lauriane Botha, woordvoerder van die Groot-Brakrivier- polisiestasie, is ook die veiligheidsbeampte vir Groot Brak Sekondêre Skool.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'