MOSSELBAAI NUUS - Die oudisies op Groot-Brakrivier vir Mossel Bay’s Got Talent-talentsoektog het op 13 Maart in die gemeenskapsaal op Groot-Brakrivier plaasgevind.
Tien deelnemers het opgetree in agt oudisies. Deelnemers van Groot-Brakrivier het uitstekende talent getoon en die kompetisie was sterk.
Elly Moon, KOTB, Young Solo King, MAJOR SMURF, Merisha en Zander het deurgedring na die semi-finale ronde.
Almal tussen 14 en 35 jaar oud kan inskryf. Vir meer inligting of enige navrae, kontak die munisipale jeugkantoor (044 606 5224/9) of stuur ‘n e-pos na yvanaswegen@mosselbay.gov.za
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'