GROOT BRAKRIVIER NUUS - Weens die toenemende en kommer-wekkende uitdagings waarmee die jeug worstel en in vasgevang is, beplan die interkerklike jeuggroepe van Groot-Brakrivier, om 'n impak op die gemeenskap en in besonder op die jongmense te maak.
Hul beplan 'n jeugnaweek vanaf Saterdag, 15 Junie tot Maandag, 17 Junie.
Die volgende aktiwiteite word beplan:
- Saterdag 15 Junie: 'n gebedesoptog word gehou vanaf die verskeie kerke in die dorp. dit begin om 16:00. Om 16:30 kom almal by almal by die Nantes-stop byeen. Daarna sal die gebedesoptog na Wolwedans toe beweeg. Vanaf 19:00-22:00 die aand sal daar 'n Candlelight Walk plaasvind op Greenhaven-sportveld.
- Sondag, 16 Junie: 'n interkerklike jeugdiens word word om 16:00 by die AGS Greenhaven gehou.
- Maandag, 17 Junie: 'n gemeenskaps-uitreiking word in die dorp gehou.
Oud en jonk, ekellopend en getroud almal word uitgenooi om hierdie geskiedkundige naweek saam met Groot Brak se jongmense deur te bring.
Alle belangstellendes in Groot-Brakrivier en omgewing word uitgenooi na 'n vergadering op Maandag 10 Junie by St John's Anglikaanse Kerksaal om 18:30.
Vir meer inligting. kontak Jayed Rhodes skakel (073 390 8491 of jdrhodes.rhodes26@gmail.com) of vir Randy Wesso (076 094 3625 of wesso9@gmail.com).
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'