Update
MOSSELBAAI NUUS - Inwoners van Groot-Brakrivier en die omliggende gebiede het Woensdag, 25 Januarie vanaf 12:00 vir 'n halfuur SAAM GESTAAN teen Eskom en onophoudelike beurtkrag.
Dit kom na 'n 14-uur lange kragonderbreking in die hele area sedert die begin van beurtkrag om 18:00 Dinsdagaand, 24 Januarie.
Die protes is deel van landwye optrede teen Eskom en die verwoestende uitwerking wat beurtkrag op gewone mense se lewens en die ekonomie het.
Vorige artikel: Groot Brak protesteer teen beurtkrag
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'