Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die Groot-Brakrivier polisiestasie se aanklagkantoor is op Maandag, 20 Julie weer oopgemaak vir die publiek nadat dit tydelik gesluit was weens Covid-19.
Die stasie se dienste is na die speurderkantore agter die stasie geskuif nadat 'n personeellid by die stasie positief getoets het vir Covid-19.
Die gebied is intussen ontsmet.
Die tydelike sluiting van die polisiestasie volg kort nadat die KwaNonqaba-polisiestasie en die Da Gamaskop-polisiestasie op Mosselbaai ook die afgelope maand moes sluit weens Covid-19 verwante voorvalle.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'