Update
GROOTBRAK NUUS - Tewie Human, 'n inwoner van Groot-Brakrivier wat saam met sy vrou, Eurika Human in 2016 by hul woning in Sandhoogtepad wreed vermoor is, het waarskynlik dae na die aanval nog geleef, maar was waarskynlik bewusteloos voordat hy dood is.
Die egpaar se liggame op Saterdag, 18 Junie ontdek. Aanvanklik is gereken dat Tewie ook op Dinsdag, 14 Junie dood is.
Dié skokkende getuienis is Woensdag, 30 Augustus, by die aanvang van die verhoor in die rondgaande hooggeregshof in Mosselbaai deur dr Christa Hattingh, die staat se eerste getuie, gelewer. Hattingh het 'n nadoodse ondersoek op die Human-egpaar uitgevoer.
Volgens Hattingh het Tewie 'n minimum van sewe kopwonde gehad. Drie van die wonde is met 'n panga aan die regterkant toegedien en drie aan die linkerkant van sy kop.
Daar was ook steekwonde aan sy bors wat vermoedelik met 'n selfgemaakte tipe mes toegedien is. Met die nadoodse ondersoek het 'n gedeelte van dié mes uit Tewie se klere geval.
Hattingh sê die feit dat Tewie se liggaam ten tye van die nadoodse ondersoek nog "goed bewaar was", is 'n teken dat hy nie onmiddellik na die aanval dood is nie.
Hattingh sê rigor mortis tree gewoonlik drie ure na die dood in. Volgens Hattingh het die koue vloer en die beknopte ruimte van die motorhuis vermoedelik ook bygedra tot die "bewaring" van sy liggaam.
Sy sê al die kopwonde was 35mm diep en tussen 60mm en 180mm lank. Sy het dit aan die staatsaanklaer, Christhénus van der Vijver gestel dat Tewie weens die krag waarmee die kopwonde toegedien is, selfs van net een kopwond sou sterf.
"Daar was geen kans dat hy die aanval sou kon oorleef nie." Tewie het vermoedelik weens frakture aan sy kop, 'n breinbesering, asook bloedverlies gesterf.
Die egpaar se skoonseun, ds Gerhard Pietersen het by die hof aan die Mossel Bay Advertiser gesê, dit was baie swaar om die getuienis van Hattingh aan te hoor, juis omdat die familie gewonder het of sy skoonpa dadelik gesterf het.
Klik hier vir vorige artikels:
• Human-moorde: verdagte pleit onskuldig
• Human-moorde: hofverrigtinge 'emosioneel'
• Groot-brak dubbele moord: familie by hof
• Dubbele moord: verdagte vandag in hof
• Groot-Brak-moorde: saak uitgestel
• Gru-moorde: Man in hof vir borgaansoek
• Opvolg: Verdagte in hof vir gru-moorde
• Groot-Brak gru-moorde: Verdagte in hof
• Verdagte vir Groot-Brak-egpaar se moord aangekla
• Opvolg: Verdagte vir Groot-Brak gru-moord
• Man vir Groot-Brak gru-moorde gearresteer
• Groot Brak gru-moorde: Roudiens Dinsdag
• Groot Brak gru-moorde: Honde bly agter
• Groot Brak gru-moorde: Skoonseun praat
• Groot Brak gru-moord: Ondersoek duur voort
• Opvolg: Groot Brak gru-moord
• Opvolg: Groot Brak-egpaar wreed vermoor
• Groot-Brakrivier-egpaar wreed vermoor
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'