GROOT-BRAKRIVIER NUUS - 'n Inwoner van Groot-Brakrivier, Lorraine Riekert is onlangs oorlede.
Lorraine het vir 23 jaar by die Groot Brak Kafee gewerk en was 'n bekende op die dorp. 'n Gedenkdiens word vandag, Vrydag 6 Maart, vir haar gehou by die NG Kerk, Groot-Brakrivier.
Die diens begin om 11:00. Vriende en familie van Lorraine beskryf haar as iemand wat diep spore in ander se harte getrap het. "Sy was 100% deel van Groot-Brakrivier en het 'n oop hart en hand gehad."
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'