Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Die Groot Brak Brass gemeenskapsorganisasie was deel van 'n kompetisie wat Eden FM die eerste naweek van November verlede jaar vir orkeste in die Suid-Kaap by die Groot-Brakrivier-stadion gehou het.
Deur die sosiale media plasings van dié dag, het die voorsitter van die Kaapse Klopse van dié blaasorkes bewus geraak en hulle genooi om op 6 Januarie in die Kaap saam met van die ander groepe op te tree.
FOTOGALERY: Nuwe jaar in Groot-Brakrivier
Hulle het ook nuwe uniforms vir die Groot Brak Brass gemeenskapsorganisasie geskenk, sowel as dromstokkies en sambrele.
Volgens die orkesleier en organiseerder van Groot Brak Brass, Pietman Davids, wil hulle hê die gemeenskap moet hulle ondersteun. "Ons wil die kinders en jongmense wat langs die pad sit, nader trek en deur middel van musiek God se Woord versprei. Om lid van 'n blaasorkes te wees, vereis harde werk en dissipline wat iets is wat ons die jongmense leer en wat van groot nut is in hul verdere lewe en vir die gemeenskap waarin ons leef."
Die blaasorkes het Sondag, 15 Januarie na die AGS-kerk in Groot-Brakivier gestap en vir die gemeentelede gespeel. Tydens die geleentheid is T-hemde aan die orkeslede uitgedeel as 'n blyk van waardering vir hul optrede by die Kaapse Klopse.
VIDEO - Pietman Davids, organiseerder en leier van die Groot Brak Brass Gemeenskapsorganisasie vertel van hul deelname by die Kaapse Klopse op 6 Januarie.
VIDEO - AGS kerk in Groot-Brakrivier
VIDEO - Die blaasorkes het Sondag, 15 Januarie na die AGS kerk in Groot-Brakrivier gestap waar hulle aan die gemeente bekend gestel is en T-hemde ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'