MOSSELBAAI NUUS - Grondeienaars in die sentrale area van Mosselbaai word genooi om op Dinsdag, 12 November om 18:00 'n vergadering in die Mosselbaai-stadsaal by te woon.
Die doel van die vergadering is om die uitbreiding van die spesiale aanslaggebied te bespreek.
Die spesiale aanslaggebied is 'n geografiese afgebakende gebied waar grondeienaars in daardie area ooreenkom, in 'n wettige kontrak met die
munisipale raad, om befondsing te verskaf vir die lewering van addisionele diens in dié betrokke area. Dit word gedoen deur 'n heffing te betaal op die waarde van 'n eiendom, grond en verbeteringe ingesluit.
Die vergrote geografiese gebied se grense beslaan die gebied vanaf die Punt-area in die ooste, beide kante van Rodgerstraat, beide kante van Kaapweg tot by Marshstraat, vanaf die kruising met Marshstraat af in Louis Fourieweg tot by Georgeweg met die see as die noordelike grens en weer tot by die Punt area.
Enige navrae kan gerig word aan Arthur Riorden (082 702 2607) of J van Rensburg (044 691 3699).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'